2024 Miami Grand Prix

Vlag van Verenigde State van Amerika Formula 1 Crypto.com Miami Grand Prix 2024
Datum 5 Mei 2024
Plek Miami International Autodrome
Voorste wegspringplek
Renjaer Max Verstappen Red Bull Racing-Honda RBPT
Tyd 1:27.241
Vinnigste ronde
Renjaer Oscar Piastri McLaren-Mercedes
Tyd 1:30.634 (ronde 43 van 57)
Podium
1 Lando Norris McLaren-Mercedes
2 Max Verstappen Red Bull Racing-Honda RBPT
3 Charles Leclerc Ferrari

Die 2024 Formule Een Miami Grand Prix is op 5 Mei 2024 op die Miami International Autodromein Miami (Florida) gehou. Dit was die derde uitgawe van die Miami Grand Prix ​vir die Formule 1-wêreldkampioenskap en die sesde rondte van die 2024-kampioenskap.

Die Miami Grand Prix is die tweede van ses Grand Prix-naweke vanjaar waarin 'n "Sprint" gehou is. ’n “Sprint” is amper dieselfde as ’n gewone wedren, met die verskil dat die wedren minder tyd neem. Die afstand van die naelren is ongeveer 100 kilometer (30 minute).

Die Grand Prix-naweek het Vrydag met die vrye oefening van sestig minute begin, gevolg deur die naelrenkwalifisering. Op Saterdag is die sprint gehou, gevolg deur die kwalifisering wat die wegspringrooster vir die hoofren op Sondag bepaal het en ook watter jaer die eer ontvang om heel voor weg te spring.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy